
My kort profiel:
As daar net een ding is wat jy oor Dillon moet weet –
Is dat hy ALMAL in ag neem, op enige gegewe tyd of plek.
Die sjarmante ou wat sorg dat almal gelukkig is en lekker kuier.
Die ou wat seker maak dat alle bedrywighede van ‘n geleentheid glad en suksesvol verloop –
al is dit nie sy afdeling nie.
Dillon is al 10 jaar deel van die vermaaklikheidsbedryf en weet wat dit verg
om ‘n geleentheid bo verwagting te organiseer en te bestuur.
Sy werksvelde sluit ALLE tipe geleenthede in:
Feeste, Korporatief, Damesdag, Troues, Vakansieprogramme, Spangeboue, Vasvra-aande
& Cruises om ‘n paar te noem 🙂
Dillon verskyn in verskeie TV-publikasies soos; Noot vir Noot, Jukebox, KykNET, Fiesta, ens. –
Hy het ook goeie ervaring en agtergrond in die Radio-aanbiedingsbedryf en voel gemaklik
en by die huis met die mikrofoon in sy hand!
Die Seremoniemeester wat die skare besig hou, die Programdirekteur wat 5 minute spaar
in omskakelings, die MC wat seker maak dat jou troudag perfek verloop, die Kids Holiday Program
Vermaaklikheidster met unieke speletjies en aktiwiteite, die uitvoerende kunstenaar wie se liedjies,
vertonings en atmosfeerjy kan uit die hart geniet!
Dillon bied alledaagse pret, vermaak en betrokkenheid vir die hele gesin en alle ouderdomme!
Moenie uitmis met jou volgende geleentheid nie!
Â
Â